Kontant-inspuiting vir Angolese jeug
Die Afrika Ontwikkelingsbankgroep het ‘n lening van 1,4 miljard Namibiese dollar aan Angola goedgekeur vir die bevordering van jeugondernemerskap en werksgeleenthede in die landbou- en vervoersektore. Die bankgroep se bestuurder vir Angola, Pietro Toigo, sê die projek, wat oor vyf jaar van 2025 tot 2029 infaseer word, gaan meer as 95 000 jeugdiges in digitale tegnologie en tegniese en beroepsopleiding vir klimaatslim-landbou en -vervoer oplei. Dit sal verseker jongmense en vroue word nie agtergelaat deur die proses van ekonomiese transformasie nie.