Konsultant-firma doen studie oor privaat gesondheidsorg

Die Namibiese Mededingings-kommissie is bekommerd oor die stand van mededinging in die privaat gesondheidsorg-sektor. In samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds het die kommissie ‘n konsultant-firma aangestel om ‘n studie van die sektor in die land te doen. Die bevindinge van die studie, wat die koste-tendense van privaat gesondheidsorg oor die jare insluit, sal op 4 Julie tydens ‘n werkswinkel in Windhoek bekend gemaak word. Dina //Gowases skakelbeampte van die kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…