Konstruksiemafia ontwrig Gauteng-projekte ter waarde van R2,5 miljard

Die DA in Gauteng sê die sogenaamde konstruksiemafia, wat ook bekend staan as sakeforums, het nege projekte in die openbare sektor ter waarde van 2,5-miljard-rand in die provinsie ontwrig. Die provinsiale Departement van Infrastruktuurontwikkeling het onthul hierdie uitbuiting en misdadige aktiwiteite kom al sedert 2017 in Gauteng voor. Alan Fuchs van die DA sê die sogenaamde konstruksiemafia se ontwrigting van skoolprojekte het ‘n ernstige uitwerking op dienslewering en werksgeleenthede: