Konstruksie-werkers kry pensioenfonds

Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds het die verpligte voorsiening van ‘n pensioenfonds aan werknemers in die konstruksiesektor aangekondig, soos bepaal in die kollektiewe ooreenkoms tussen die Namibië Konstruksiebedryf-federasie en die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu. Die ooreenkoms, wat op 6 Junie in werking getree het, skryf nie net salarisverhogings voor nie, maar ook dat werknemers in sekere kategorieë by die Bouwerkerspensioenfonds geregistreer moet wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Justina Jonas, Manwu se sekretaris-generaal, wat sê dis belangrik dat alle konstruksiefirmas hulle werkers by die pensioenfonds registreer.