Konstruksie sê nee vir 4-dag werksweek

Die Konstruksie-industrie Federasie het sy kommer uitgespreek oor die voorgestelde vierdaagse werksweek en noem die land se huidige produktiwiteitsvlak as ‘n potensiële struikelblok. Volgens die federasie is huidige uitset op 40 persent van potensiaal en dit is gebaseer op ‘n vyf-dag werksweek en meen dat die implementering van ‘n vier-dag-skedule sonder om kernproduktiwiteitsuitdagings aan te spreek, dalk nie positiewe resultate vir die bedryf sal genereer nie. Werkloosheid sal ook nie daardeur aangespreek word nie. Pulse HR sal in April die toetslopie vir ‘n vier-dag werksweek uitvoer maar die federasie sê dit sal nie in die konstruksiebedryf werk nie.