Konstruksie kry pensioenfonds
Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds is optimisties oor die jaar wat voorlê. Die registrasie van werknemers by ‘n pensioenfonds deur die werkgewer is verpligtend in die sektor, en die werkgewer moet die werker se bydraes tot die fonds ewenaar. Met die afwagting dat meer persone vanjaar in die sektor betrokke sal wees, behoort die fonds te groei. Die fonds beplan om in Augustus of September ‘n jaarlikse roadshow te hou. Die roadshow sal enige moontlike verwarring uit die weg te ruim oor enige pensioenkwessies. Kosmos 94.1 Nuus het met Enwich Kazondu, hoofbeampte van die fonds, oor hulle planne gepraat.