Konstruksie krimp met amper 12%May 20, 2021
Die Namibiese konstruksiesektor het in 2020 met 11,8 persent ingekrimp, as gevolg van inperkings wat deur die pandemie veroorsaak is. Die sektor het reeds voor Covid gebuk gegaan onder uitdagings as gevolg van die droogte. FirstRand Namibia sê daar sal nie ‘n noemenswaardige verbetering in die nabye toekoms wees nie as gevolg van die swak ekonomiese toestande. Ruusa Nandago, ‘n Ekonoom van FirstRand het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.