Konsessies sal altyd tot voordeel van gemeenskappe, operateurs wees

Die omgewingsministerie sal nooit konsessies toeken wat ‘n nadelige uitwerking op toeroperateurs het nie. Volgens minister Pohamba Shifeta word konsessies direk toegeken aan gemeenskappe wat binne of langs beskermde gebiede woon. Hy sê in al die land se beskermde gebiede, naamlik Etosha, Namib Naukluft, Skedelkus, Dorob en Bwabwata is daar konsessies wat direk aan gemeenskappe toegeken is. Die toekennings moet deur ‘n tenderproses gaan om operasioneel te word, wat behels dat óf ‘n belegger vir ‘n spesifieke gebied gevind word, óf ‘n operateur aangestel word. Die impak is gelyk, aangesien alle toegewings werksgeleenthede in plaaslike gemeenskappe lewer, en daar is bykomende maatskaplike pligte wat gepaard gaan met ‘n konsessiehouer.