Konsepverordening wil voedselveiligheid verseker

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aangekondig die regering het ‘n nuwe konsepverordening gepubliseer om township-ekonomieë te reguleer en voedselveiligheid te verbeter. Dit volg ná die dood van kinders in verskeie provinsies weens voedselverwante siektes. Hierdie sterftes sluit in ses kinders wat in Naledi, Soweto, dood is nadat hulle versnaperinge geëet het wat met die hoogs giftige chemiese organofosfaat, Terbufos, besmet was. Ntshavheni het op ‘n nuuskonferensie gesê die verordening stel duidelike standaarde vir township-ondernemings en verseker beter voedselveiligheid en aanspreeklikheid.