Koningin praat oor haar ‘geliefde Philip’

Koningin Elizabeth se jaarlikse Kerstoespraak het gefokus op haar oorlede man, prins Philip. Sy het gesê dat terwyl die Kerstyd ‘n tyd van samesyn en familie is, kan dit ook moeilik raak vir mense wat geliefde verloor het, en dat sy dit vanjaar verstaan na die afsterwe van haar man van 73 jaar, in April. Sy het in haar huldeblyk aan hom gesê dat sy troos vind in die wonderlike herinneringe wat sy het en ook die huldeblyke aan die prins van mense regoor die wêreld. Sy het hom beskryf as haar ‘geliefde’ Philip. Sy het ‘n saffier borsspeld gedra wat sy tydens hulle wittebrood in 1947 aangehad het.