Koning Charles sal sy werk vir die omgewing voortsit na sy kroning

Boodskappe van gelukwensing het begin instroom voor die kroning van koning Charles III vandag. Professor Peter Katjavivi, speaker van die Nasionale Vergadering, sê die kroning van koning Charles III is ‘n nuwe hoofstuk vir die Statebond. Hy het ‘n gelukwensing gestuur aan die Laerhuis in Brittanje. Katjavivi het ook sy vertroue uitgespreek in die koning se leierskap oor sake soos klimaatsverandering en globale vrede. Charles is al dekades lank kampvegter vir die omgewing en omdat die kwessie nie polities is nie, word daar verwag hy sal die werk voortsit. Hy sê die mag van verandering lê by ons elkeen.