Koning Charles gaan met heilige olie uit Jerusalem gesalf word

Die heilige olie wat gebruik gaan word om die Britse koning Charles tydens sy kroning op 6 Mei te salf, is tydens ‘n seremonie in die Kerk van die Heilige Graf  in Jerusalem ingewy. Die olie is gemaak van vrugte uit boorde op die Olyfberg, ‘n bergreeks wat ‘n belangrike godsdienstige simbool vir Christene en Jode is.  Die olie is gegeur met sesamkruid, roosblare, jasmyn, kaneel, lemoenblom-olie, hars, barnsteen en lemoenbloeisels.