Man sterf in Windhoek weens Kongo-koors

Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig dat ‘n man in Windhoek weens Kongo-koors gesterf het. Die man is aanvanklik in ‘n privaat gesondheidsfasiliteit op Gobabis behandel en eers na ‘n privaat hospitaal in Windhoek oorgeplaas en daarna na die Windhoek Sentrale Hospitaal waar hy gesterf het. Bloedmonsters is van hom geneem voor hy op 18 Mei beswyk het en die toetsuitslae Sondag het aangedui dat hy positief vir die Kongokoors-virus getoets het. Altesaam 27 van sy kontakte is geïdentifiseer, van wie 24 gesondheidswerkers, een mede-werker en twee persone in sy huishouding. Kongo-koors word deur hoofsaaklik deur bosluis-byte of kontak met liggaamvloeistowwe van geïnfekteerde persone of diere veroorsaak. Namibië het voorheen ses gevalle en drie sterfgevalle van Kongo-koors ervaar.