Konflik met olifante vererger tydens droogte, soos nou
Die noordweste van Namibië ervaar op die oomblik droogte wat oor die algemeen mens-olifant-konflik vererger. Kommersiële boere in daardie gebied ly herhaaldelik veral onder skade aan water-infrastruktuur. Die grootvoete beskadig gereeld plase en nedersettings op soek na kos en water. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Gouws, ‘n boer in die Kamanjab gebied wat ook gereeld deurloop gesels oor die huidige stand van sake.