Konflik in Afrika kan uiters ingewikkeld wees
Namibiese President Hage Geingob het sy voorsitterskap van die SAOG-orgaan oor politiek, verdediging en veiligheid-samewerking aan die Zambiese President Hakainde Hichilema oorhandig. Hy het sekere gebiede uitgelig waarop die orgaan-troika in die toekoms moet fokus, insluitend ingrypings in Mosambiek en die DRK. Konflik heers al vir jare in die DRK en dit lyk asof niks gedoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n Suid-Afrikaanse militêre kenner, Helmut Heitman, gesels wat sê die konflik in beide lande is ingewikkeld…