Konferensie wil ekonomie hupstoot gee

Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging bied môre en oormôre ‘n nasionale konferensie in Windhoek aan onder die tema “Herleef, herstel, beskerm en groei die Namibiese ekonomie”. Die fokus van die konferensie is die ineenstorting van plaaslike besighede en die ekonomie van die land. ‘n Verskeidenheid deskundige paneellede van sakegemeenskappe en hoofde van staatsinstellings sal onder die gaste wees wat toesprake gaan hou. Kosmos 94.1 Nuus het met Peter Amadhila, die vereniging se visepresident, gepraat oor die belang van die konferensie.