Konferensie oor mens-dier-konflik kom in Mei

Een van die grootste uitdagings van die Namibiese omgewingsministerie is mens-dier-konflik. Altesaam 33 mense het sedert 2019 hul lewens weens aanvalle van meestal krokodille, seekoeie en olifante verloor. Verlede jaar is 15 mense weens mens-dier-konflik dood en vanjaar reeds vier. Daarom gaan die ministerie in Mei ‘n mens-dier-konflik-konferensie om maniere te vind om dit te voorkom. In die Kunene-streek loop inwoners deur met roofdiere wat hul vee vang en olifante wat hul infrastruktuur en gewasse beskadig. Die voormalige goewerneur van die streek, Dudu Murorua, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy hoop die konferensie bring oplossings.