Kondig ramptoestand af na oorstromings in Oos-Kaap

Die DA het ‘n beroep gedoen op die nuwe ANC-geleide provinsiale regering in die Oos-Kaap om ‘n ramptoestand af te kondig ná uitgebreide oorstromings. Sewe mense is dood, duisende is ontwortel, en kritieke infrastruktuur is ernstig beskadig. Die DA se provinsiale leier, Andrew Whitfield, het die premier, Oscar Mabuyane, gevra om dadelik op te tree. Hy sê daar is ‘n dringende behoefte aan gekoördineerde reaksie en doeltreffende kommunikasie om die slagoffers te help.