Kommuniste-party vra vir militante stryd in eSwatini
Die Kommuniste-party van Swaziland vra vir ʼn militante stryd teen die leierskap in gemeenskappe, in werkplekke, op kampusse en in skole regoor eSwatini. ʼn Woordvoerder van die party, Pius Velakazi, sê dit kan slegs gebeur indien ʼn sterk beweging van onderdrukte mense opgebou word. Hy beskuldig die koninkryk daarvan dat dit ‘n onderdrukkende regime met onderdrukkende instellings is.