Kommunale boere kry swaar bo die rooilyn

Die Namibiese Nasionale Boere Unie wat meestens kommunale boere regoor die land verteenwoordig, ondersteun pogings om die sogenaamde rooilyn te verwyder. Die heining is opgerig om die kommersiële gebied te beskerm teen bek- en klouseer wat endemies in die noorde voorkom. Terwyl die heining uitvoere van beesvleis beskerm, is mark toegang vir boere noord van die rooilyn beperk. Jason Emvula, die President van die unie…