Kommissie stel brand-ondersoek uit
Die Khampepe-kommissie van ondersoek na die verwoestende brand in Marshalltown, Johannesburg, is onbepaald uitgestel. Altesaam 77 mense is dood toe ‘n brand die gekaapte vyfverdiepinggebou in Albertstraat verwoes het. Die kommissie se voorsitter, oudregter Sisi Khampepe, het onthul die ondersoek is gestaak weens kommer oor die vergaderplek se voldoening aan gesondheid- en veiligheidstandaarde. Die hoof van Johannesburg se noodbestuursdienste, Tshepo Makola, het die kwessies geopper. Khampepe het die versekering gegee ‘n nuwe datum en plek sal binnekort aangekondig word.