Kommissaris Steenkamp wil misdaad in Khomas vasvat

Die Namibiese polisie-hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, het kommissaris Willem Steenkamp as die nuwe streeksbevelvoerder vir die Khomas-streek aangestel. Kommissaris Steenkamp se aanstelling is vanaf 1 Julie van krag. Hy neem oor by kommissaris David Indongo, wat as die nuwe hoof van die Spesiale Veldmagte-direktoraat aangestel is. Kommissaris Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê misdaad in die streek kan met behulp van gemeenskappe hokgeslaan word.