Kommer oor vrylating van besmette water uit Fukushima
Eilande van die Stille Oseaan doen ‘n beroep op Japan om die beplande vrystelling van water uit die vernietigde Fukushima-kernkragsentrale uit te stel, oor vrese dat vis besmet kan word. Japan se regering het vroeër gesê water vanaf die aanleg sal in die noordelike halfrond se lente of somer in die see gestort word, wat kommer wek onder eilande, wat ná dekades nog met die gevolge van kerntoetse worstel. Die 17-eiland-Stille Oseaan Forum voer aan, die vrystelling van die water kan ‘n beduidende negatiewe uitwerking op die visgetalle hê, waarop eiland-ekonomieë staatmaak en waar bykans die helfte van die wêreld se tuna vandaan kom.