Kommer oor vervalle spoornetwerk

Die Openbare Ondernemings Uitvoerende Hoofde-forum se vergadering met visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is aan die gang in Windhoek. Die forum se voorsitter, Fluksman Samuehl, het die lede toegespreek en verskeie uitdagings beklemtoon wat openbare ondernemings raak, wat moontlik die sektor se posisie en prestasie kan beïnvloed. Die uitvoerende hoof van die Walvisbaai Korridor-groep, Mbahupu Tjivikua, het gesê dat daar ruimte vir verbetering in die spoorwegsektor is.

Desmond van Jaarsveld, die uitvoerende hoof van TransNamib, het hierop reageer en hulle planne verduidelik.