Kommer oor uitbreiding van konflik in Midde-Ooste neem toe

Die Sentrum vir Risiko-ontleding in die buurland waarsku oor ‘n potensieel hewige streekskonflik tussen Israel en Iran te midde van die voortslepende stryd in die Midde-Ooste. Die kommer ontstaan na onlangse aanvalle deur gevolmagtigde magte van Iran op basisse van Israel en Amerika, en ambassades in Irak en Sirië. ʼn Woordvoerder van die sentrum, Chris Hattingh, glo Iran bied finansiële steun aan Hamas en sy bondgenote en waarsku teen enige Israeliese ingryping in Gaza, aangesien dit tot verdere vyandelikhede aanleiding kan gee: