Kommer oor toenemende spoedoortredings in die Wes-Kaap

Wetstoepassingsbeamptes in Kaapstad het die afgelope week 276 mense in hegtenis geneem en 57 604 verkeersoortredings in die stad aangemeld. Dit het nagenoeg 30 000 spoedoortredings ingesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die aantal werklike spoedoortredings wat begaan is, is waarskynlik baie hoër en mense voer talle argumente aan om hul verontagsaming van die wet te regverdig: