Kommer oor Sudan-vlugtelinge

Menseregte-owerhede het groot kommer oor die stand van sake in Sudan. Die VN se kommissaris vir menseregte, Filippo Grandi sê dat ‘n miljoen mense teen Oktober uit die land sal vlug wat die risiko vir mensehandel in die reeds kwesbare streek, vererger. Daar is ook kommer oor die onwettige verspreiding van wapens. Grandi het met die media gepraat.