Kommer oor stelsels vir geslagsgeweld in Omaheke

Die LP vir die Landless People’s Movement, Utaara Mootu sê daar is groot kommer oor skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld in die Omaheke-streek. Sommiges het reeds gesluit as gevolg van begrotingstekorte sowel as personeeltekorte. Daar is ook blykbaar net vyf maatskaplike werkers vir die hele streek.