Kommer oor staatsgreep in Burkino Faso

In Burkina Faso het gekamoefleerde soldate buite die land se staatstelevisiediens in die hoofstad Ouagadougou stelling ingeneem te midde van kommer oor ‘n staatsgreep. Internasionale nuusagentskappe berig dit volg ‘n dag nádat ‘n rebellie en opstand onder soldate uitgebreek het. Dit was nie onmiddellik duidelik of die troepe voor die uitsaaier, deel is van die muiters, en of dit troepe is wat deur die regering daar ontplooi is nie. Soldate het gister op die afdanking geëis van die militêre opperbevel, asook dat meer infrastruktuur en hulpbronne beskikbaar gestel word in die stryd teen Islamitiese insypelaars.