Kommer oor ontwrigtings met eksamens in die Kaap
Die onderwysdepartement in die Wes-Kaap het diepe kommer uitgespreek oor die moontlikheid van ontwrigtings in vanjaar se matriekeksamen. Die graad 12-eksamen begin op 30 Oktober, maar hierdie week se praktiese vraestelle sluit in, Rekenaartoepassingstegnologie vandag en Inligtingstegnologie môre. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, doen ‘n beroep op die publiek om die gladde verloop van die eksamen te verseker. Volgens Maynier is gebeurlikheidsmaatreëls ingestel om aandag te gee aan enige ontwrigtings wat beurtkrag gedurende hierdie kritieke tydperk veroorsaak: