Kommer oor koalisie-wrywing in SA

Die Black Business Council is bekommerd oor die stadige pas van die regering van nasionale eenheid se onderhandelings tussen president Cyril Ramaphosa en die DA-leier, John Steenhuisen. Ramaphosa het die noodsaaklikheid van ‘n billike ooreenkoms beklemtoon vir ‘n bestendige regering. Die uitvoerende hoof van die raad, Kganki Matabane, sê die ANC moet sy standpunt oor ekonomiese transformasie handhaaf te midde van verskillende sienings van die DA: