Kommer oor Kaapstad se hawe

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, is bekommerd oor die mislukkings van die Kaapstadse hawe en die aansienlike impak wat dit op landbou-uitvoere het. Volgens die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme neem vragvolumes by die hawe toe en dit het die potensiaal om oor die volgende vyf jaar met 26 persent te groei. Maar die kapasiteit om bederfbare produkte betyds te vervoer, is besig om dramaties te verswak. Meyer het die ingrypings van die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, verwelkom: