Kommer oor Hardapdam se vlakke

Dit is tans warm en droog in die land terwyl ons wag vir die eerste somerreën om te val. Windhoek se inwoners sal moet begin water bespaar, aangesien die damme wat hom voorsien slegs 28 persent vol is. Die Hardap dam in die Suide is tans net 26,4 persent vol, met meer as 2 miljoen kubieke meter wat elke week die afgelope twee weke aan die groenskema verskaf is. Rico Bothma, een van die boere by die skema, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle bly hoopvol dat die reën sal kom maar, indien dit nie kom nie, sal hulle moet aanpassings maak. Die dam se vlakke wek kommer.