Kommer oor Duitse masels in George-gebied

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sê gevalle van rubella of Duitse masels is in die George-omgewing aangeteken. Alhoewel dit gewoonlik ‘n ligte siekte is by kinders en volwassenes, kán dit baie skadelik wees vir swanger vroue, omdat dit hul ongebore babas ook kan besmet. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê rubella is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat gekenmerk word deur simptome soos koors en ‘n uitslag: