Kommer neem toe oor lae stand van Hardap-water

Groot kommer heers oor die stand van sake by die Hardapdam. Alle besproeiing sal teen einde Maart gestaak moet word sou daar geen reënval wees nie, aangesien die dam net 18,1 vol is. Dit het ‘n reuse-impak op mielies en koring, asook lusernproduksie vir die !Aimab-melkplaas. Die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, het  met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Mulonda sê dit sou gehelp het as die dam vol was, maar selfs dan sal die dam nie die skema kan onderhou vir twee jaar sonder reën nie.