Kommer met Nauru wat bande met Taiwan verbreek

Die Amerikaanse instansie wat nie-amptelike bande met Taiwan hanteer beskryf die besluit van Nauru om kort na ʼn verkiesing bande met Taiwan te verbreek, as ongelukkig, en waarsku China se beloftes aan die eiland in die Stille Oseaan, kan moontlik nie nagekom word nie. Reuters berig Amerikaanse amptenare het voorheen reeds hulle misnoeë uitgespreek omdat China jag maak op Taiwan se bondgenote, veral in Sentraal-Amerika. Nadat Nauru vroeër vandeesweek bande met Taiwan verbreek het, bly slegs 12 lande oor wat dit formeel erken.