Kommer heers oor nog ‘n skip vol vee naby Kaapstad

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het kommer uitgespreek oor nog ʼn skip vol vee wat vaar om die Kaapse kus. Dit volg nadat die Al Kuwait twee weke gelede in Kaapstad vasgemeer het. Die diere aan boord is aangetref in uiters haglike toestande, wat onuithoudbare stank veroorsaak het. Die raad sê baie van hierdie diere was waarskynlik 40 dae op die skip en nog nie naby hulle bestemming nie.