Kommentaartyd verleng vir verbruikersbeskerming konsep-wetsontwerp
Die handelministerie het die Konsep Wetsontwerp op Verbruikersbeskerming gefinaliseer, en verseker dat dit in lyn is met die Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Die ministerie lig alle belanghebbendes in dat die sperdatum vir die indien van kommentaar op die konsepwetsontwerp van 25 Oktober tot 25 November verleng is. Die publiek word aangemoedig om kommentaar te lewer op die konsep wetsontwerp. Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee meer inligting.