Komberse vir haweloses nodig om die koue te oorleef

Windhoek en sy koue weer veroorsaak reeds slapelose nagte, nie net vir die hawelose mense nie, maar ook vir goedhartige Namibiërs. Verlede jaar is ’n hawelose dood aangetref en daar is aanvaar dat dit weens die koue weer kon wees. ’n Paar dae gelede is ’n hawelose dood aangetref, en die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om hierdie lede van die samelewing te help en hulle by te staan waar hulle kan, veral met komberse om die koue nagte te oorleef…