Kom vier ‘n prettige Internasionale Brandveiligheidsweek!

Internasionale Brandveiligheidsweek word van 7 tot 11 Oktober by die Brandweer-hoofkwartier in Windhoek gevier. Die geleentheid sal daagliks van 9-uur tot half-vyf plaasvind en is oop vir die publiek. Daar sal uitstallings, demonstrasies, stasietoere, kindervermaak, kosverkopers en ‘n kontantkroeg wees. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets en by die hek vir 50 Namibiese dollar per persoon. Spesiale aktiwiteite sluit in ‘n modeparade met brandbestryders en Namibiese skoonhede, ‘n skuimdanspartytjie, en ‘n veiling vir ‘n uitgaan-afspraak met ‘n brandweerman. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fillipus Sikongo, die senior stasiebeampte van die Stad Windhoek Brandweer.