Kom vier eenheid in Christus op Swakopmund

Die Gesamentlike Christelike Kerke van Swakopmund bied hulle jaarlikse saamkoms aan vir Christene wat eenheid in Christus sal vier. Dominee Martin van Niekerk, sameroeper van die kerke, het ‘n boodskap aan Kosmos 94.1 gestuur wat meer oor die geleentheid verduidelik. Die Logos Hope, die wêreld se grootste seevarende boekwinkel, sal die saamkoms ondersteun.