Kom verpligtinge na, arresteer Putin – Zille
Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê Suid-Afrika moet aan sy internasionale verpligting voldoen en die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis neem. Zille het gepraat op die DA se Noord-Kaapse provinsiale verkiesingskongres in Springbok. Sy sê Suid-Afrika het ‘n statuut van die Internasionale Strafhof onderteken wat vereis dat mense wat deur die hof gesoek word, aangekeer moet word: