Kom stap saam vir katte, minder-bevoorregtes!
Dit is Time To Hike by die Lake Oanob-oord! Op Saterdag, 29 Junie om 07h30 vind ‘n 10km begeleide roetestap plaas. Die beginpunt is by die restaurant lapa. Toegang is 30 Namibiese dollar per volwassene, kinders is gratis. Die opbrengs gaan vir Oanob Cats Project. Voorheen geliefde klere en kosse vir verskeie gemeenskappe kan ook bygedra word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Henrico Morgenroth, een van die organiseerders, wat ‘n uiteensetting van die inisiatief gee.