Kom reëls na vir groot byeenkomste, vra stad

Die Stad Ekurhuleni doen ‘n dringende beroep op maatskappy en mense wat sport- of ontspanningsgeleenthede organiseer, om al die reëls na te kom, maar veral die veiligheidsregulasies. Dit is ingevolge die Wet op Veiligheid by Sport- en Ontspanningsgeleenthede. Die woordvoerder van die stad, Zweli Dlamini, sê ‘n geleentheid wat nie streng volgens die wet aangebied word nie, is onwettig en die organiseerders kan strafregtelik vervolg word.