Kom ondersteuen die Welwitschias!

Daar heers groot opgewondenheid vir vanmiddag se wedstryd tussen die Windhoek Beer Welwitschias en Suid-Afrika se Blou Bulle. Die vriendskaplike wedstryd skop om drie-uur vanmiddag af op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Hoofafrigter Allister Coetzee het met Sport Wrap gesels en ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die span te ondersteun.