Kom huis toe, Springbokke: Jake White

Rugby: Die Bulle berei voor om die Franse klub Lyon Saterdag vir ‘n Kampioenebeker-kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria te verwelkom. Hulle hoop om vinnig weer op hulle voete te wees na ‘n loesing Vrydag deur Leinster in Dublin. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, vra weer dat Springbokke wat oorsee speel na Suid-Afrika terugkeer om die plaaslike spel te versterk.