Kom help om jou buurt skoon te maak!
Lede van die publiek word genooi om hul moue op te rol en in te spring by die amptelike 2023 Nasionale Opruimingsveldtog, wat Saterdag in streke dwarsoor die land gehou word. In die hoofstad gaan daar aktiwiteite in onder meer Katutura, Khomasdal en Windhoek Wes by die Windhoek Sentraal-hospitaal wees. Anita Witt van die Herwinningsforum het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoekom die veldtog ‘n wonderlike inisiatief is.