Kom besoek die Grünau winterskool!
Die jaarlikse Grünau winterskool is geskeduleer vir 14 Augustus by die Vastrap Gasteplaas, 5km vanaf Grünau op die B3 na Karasburg. Ondanks die voortslepende droogte word boere landwyd aangemoedig om dit by te woon. Die geleentheid spog met opwindende sprekers, insluitend die legendariese Dr. Joggie Briedenhann van Hartebeesloop, en beloof ‘n dag vol aktiwiteite vir die hele gesin. Dolf de Wet, ‘n boer van Michberg plaas naby Grünau, rig ‘n hartlike uitnodiging aan almal.