Kolwer Dawid Malan tree uit internasionale spel
Die Engelse kolwer, Dawid Malan, het sy uittrede uit die internasionale spel aangekondig nadat hy die land sedert 2017 in 22 toetse, 30 eendagwedstryde en 62 T20s verteenwoordig het. Die 36-jarige was die beste T20-kolwer in die wêreld in 2020 en die vinnigste om 1 000 lopies in internasionale T20s aan te teken toe hy dit binne 24 wedstryde reggekry het. Malan was deel van Engeland se groep wat die T20 Wêreldbeker in 2022 ingepalm het en hy en Jos Butler is die enigste spelers van Engeland wat honderdtalle in al drie formate kon aanteken.