Kolonel Jan Breytenbach sterf, oud-soldaat bring hulde

Kolonel Jan Breytenbach Sondag op die ouderdom van 92 oorlede. Breytenbach was ‘n afgetrede Suid-Afrikaanse Spesiale Magte-offisier, en was bekend as die eerste bevelvoerder van 1 Verkenningskommando, Suid-Afrika se eerste Spesiale Magte-eenheid, en as die eerste bevelvoerder van beide 32 Bataljon en die 44 Valskermbrigade. Hy word oorleef deur sy vrou Rosalind, sy kinders Richard en Angela, en kleinkinders Christopher en Matthew. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gert Jacobie, ‘n jong soldaat wat deur Breytenbach opgelei is.